Synopsis
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Episodes
-
Episode 31. - Rian Zietsman
19/11/2015 Duration: 01h12minRian Zietsman is die main guitarist in Taxi Violence en een van die twee bassists in BEAST. Rian het onlangs ophou rook. Hy kom riff in die garage oor drie van sy main musical influences: Pink Floyd, Nirvana en Queens of The Stone Age. Daar’s stories oor Cape Town kids, buskinders, acid-koppe en ander kinders wat hulle CDs moes verbrand. Hulle gesels ook oor Taxi Violence, BEAST, day jobs en hoe hy al USB logic analysers gebou het in ’n garage. En obiviously gesels hulle oor guitars! Onthou ook asb: Vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, my Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary wat ek gemaak het ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.
-
Episode 30. - Beer Adriaanse (Ivm Buurtwag)
12/11/2015 Duration: 01h31minBeer Adriaanse kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 10 dat hy in diepte oor sy suksesvolle KykNET show Buurtwag kan gesels. Hy vertel hoe die show as ’n kortfilm begin het in 2012 by die Silverskermfees en wat alles agter die skerms en in sy persoonlike lewe moes gebeur voor ons die show op TV kon sien. Hulle riff ook oor wat dit beteken om Afrikaans te wees en oor hoe om kritiek te hanteer – want nie almal in die land like Buurtwag soos hard soos Willim en sy vrou nie. Onthou ook asb: Willim en vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, Willim se Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join. Hierdie episode is geborg deur www.decibels.co.za se band rehearsal studios in Pretoria. WAT luisteraars kry afslag.
-
Episode 29. - Abel Kraamsaal
05/11/2015 Duration: 01h33minAbel Kraamsaal se heel eerste live show… ooit… was ’n opening set vir Koos Kombuis met ’n closing set deur Gian Groen. Abel kom kuier in die Kaap vir ’n week en hy maak ’n vinnige pitstop in die garage waar Willim hom heavey uit vra oor hoekom hy altyd voor ’n show ’n kat skiet, hoe Koos Kombuis sy mentor geword het en hoe de hel hy ’n qualified hypnotherapist geword het. Daar is ook mooi stories oor Rock Spaaider, hoe hy en sy vrou die Kunskafee in Durbanville begin het en hoekom die maag die hart van die hol, mond en keel is. Turns out Abel het nogal ’n knack vir risk assessment wanneer dit by die lewe kom. Kiff chat. Verder: Dis CONFIRMED. Die William Welfare – Shunt vinyl launch gebeur by Ellingtons in Bellville Saterdag die 28ste November! Dankie aan VH Music & Publishing wat hom publish – hulle launch ook saam met die vinyl daai selfde aand ’n doccie Zeegunst: By Invite only wat Willim gemaak het EN hulle nuwe online music shop. Stuur ’n mail na williamwelfare@gmail.com vir meer inligting.
-
Episode 28. - Wayne Davidson
29/10/2015 Duration: 01h20minWayne Davidson is ’n baie likeable, gladdebek drummer wat ’n groot bydrae gelewer het gedurende die tydperk van Jan Blohm se rise to fame. Wayne het ’n knack om ’n goeie songwriter te recognise wanneer hy een sien - so dit maak sin dat hy al drums gespeel het vir ouens Gian Groen, Jan Blohm, Ryno Velvet en Abel Kraamsaal. Hy het ook al ’n hele paar random jobs gehad waarvan een by Bowline Distribution was. Hulle gesels oor Dorpstraat Teater, Steak 'n' Ale, Bowline, KKNK, Aardklop, dayjobs en hoekom hy tot vandag nog nooit vir Valiant Swart wou ontmoet het nie. Willim maak ook 'n paar belangrike announcements.
-
Episode 27. - Ryno Velvet
23/10/2015 Duration: 01h38minWillim spoor onlangs ’n long lost Rolling Stone SA interview op wat hy met Ryno Velvet gedoen vroeg in 2014. Die interview was gedoen in dieselfde tyd toe die tydskrif besig was om te roggel in sy eie bloed – dus het hy nooit die lig gesien nie… tot nou toe. Hulle gesels oor videowinkel-culture, Ryno se albums, sy connection met Jan Blohm en sy nuwe album Alfabet – wat op daai stadium nog nie uit was nie, maar nou is. Fun fact: Hierdie episode is gepost binne in ’n moving taxi met gratis aanboord Wi-fFi tussen Eindhoven en Schipol. Back to The Future naxt laval shit.
-
Episode 26. - Albert du Plessis
14/10/2015 Duration: 01h11minAlbert du Plessis het in 2000 Rhythm Records begin waar hy as “vroedvrou” gehelp het met die geboorteproses van ’n klomp legendariese albums deur ouens soos Fokofpolisiekar, Chris Chameleon, K.O.B.U.S!, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Tassenberg All Stars - Live @ Tassenberg Stalteater en nog vele meer. Albert kom kuier in die garage en ons gesels oor grootword in Frankryk, sy connection met Breyten Breytenbach, Anton Goosen, Valiant Swart, Fokofpolisiekar en die begin en einde van Rhythm Records.
-
Episode 25. - Gertjie Besselsen
07/10/2015 Duration: 01h47minGertjie Besselsen is 'n actor, multi-instrumentalist, songwriter, sanger en een van die twee founding members van Mr. Cat & The Jackal - ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs. Jacques du Plessis [op episode 19] is die ander founding member. Gertjie vertel vir Willim van al die heavy bands wat hy geluister het toe hy ’n laaitie was en hoe sy ouers se loopbane en skill sets dalk net ’n beduidende invloed op sy loopbaankeuses kon hê. Daar is kiff stories oor diefstal in Tygervalley, posters plak, flyers knip, wat mens alles kan doen as jy net die regte tools het en wat alles op ’n cast call gebeur. Hulle besef ook dat beide van hulle dalk net die grootste hipsters van alle tye kan wees. Hulle gesels ook oor sy side project - The Champions of the Sonarverse – saam met DJ Invizable.
-
Episode 24. - Liny Kruger
30/09/2015 Duration: 01h15minHet jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Vandag se gas is Liny Kruger van LK Mediabook en sy help al sedert die 90s om bands en kunstenaars famous te maak. Haar eerste PR gig skop af by Dirk Ace se Trippy Grape Records in Stellenbosch. En sedertdien het sy al publisiteit behartig vir kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, aKING, Valiant Swart, Foto na Dans, Mango Groove, Luna Paige, Ard Matthews, Zebra & Giraffe, Natasha Meister, Anton Goosen, Ashtray Electric en nog vele meer. Liny bust ’n paar PR myths en ons kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.
-
Episode 23. - Francois Breytenbach Blom (Deel 2 van 2)
25/09/2015 Duration: 51minIn die tweede en laaste deel van Willim se interview met Francois Breytenbach Blom vertel hy toe V.O.D. ’n record deal gestrike het in Duitsland, hulle gigs in die UK, sy liefde vir Afrikaans poetry en daai keer toe hulle by hom in gebreek het en al die recordings van ’n nuwe K.O.B.U.S! album gesteel het. Hulle gesels ook oor hoe dit is om ’n metal-pa te wees, rugby, Koos Kombuis, Die Kruis, die upcoming K.O.B.U.S! vinyl en nuwe album, Barry Manilow, Nicholis Louw, Beyoncé, Burt Bacharach, authenticity en hoe om jou beast te tame. Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.
-
Episode 22. Francois Breytenbach Blom (Deel 1 van 2)
23/09/2015 Duration: 53minFrancois Breytenbach Blom is seer sekerlik die mainste metal-vocalist in Afrika en hy maak al sedert die 80s sy stem dik in Voice Of Destruction en meer onlangs ook in K.O.B.U.S! saam met Theo Crous. Hy bring die donderweer garage toe en vertel vir Willim van sy skooldae, toe hy die eerste keer KISS in St.5 gehoor het, sy dae in die weermag, sy eerste gig as ’n metal DJ en hoe hy eventueel by die SAUK begin werk het as ’n klankingenieur. Daar’s ook lekker stukke stories oor hoe hy vir Voice Of Destruction gejoin het, mense wat bang is vir die duiwel en wat gebeur wanneer jy K.O.B.U.S! se musiek agterstevoor om speel. Kom hierdie Vrydag terug vir Deel 2. Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.
-
Episode 21. - Theo Crous
16/09/2015 Duration: 01h44minTheo Crous is die enigmatic guitarist vir Springbok Nude Girls en K.O.B.U.S.! Hy is ook ’n bo-baas producer en recording engineer by sy eie sy intansie -Bellville Studios - waar hy magic maak saam met artists soos Karen Zoid, Prime Circle, Dan Patlansky, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, The Parlotones en nog vele meer. Hy kom plak in die garage en gesels met Willim oor duur en desirable karre, bands, kinders groot maak, die begin van Springbok Nude Girls, weird movies, hoe hy kies saam met wie hy werk en hoe dit is om saam met ouens soos Chris Cornell en Foo Fighters live te speel. Daar is ook stories oor New York, Yoko Ono, Brian Eno, acid, rehab, Dave Grohl, Kevin Shirley en Francois Breytenbach Blom. Een befokte interview. Hierdie episode is geborg deur V&H Studios in die Kaap. As jy 'n producer of engineer is wat opsoek is na 'n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy 'n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse - gaan na vhstudios.co.za.
-
Episode 20. - Albert Maritz
09/09/2015 Duration: 01h34minAlbert Maritz se uiteenlopende loopbaan as akteur en stemkunstenaar het begin toe hy skaars elf jaar oud was. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim wat se groot invloed sy pa, Dawie Maritz, op sy loopbaan en lewe gehad het. Hulle gesels oor Albert sy toneelstukke, rolverdelings en wat se invloed ’n goeie teks het wanneer dit kom by die vertolking van daai legendariese karakters soos Herman Roodt in Konings en Torings en Willie Nagel in Orion. Willim vis vir interessante anecdotes en behind the scenes stories op die set van Invictus… en hy kry ’n hele paar. Hulle bespreek ook Albert se rol in Buurtwag, ’n nuwe plaaslike drama-komedie wat die 30ste September op KykNet begin rol.
-
Episode 19. - Jacques du Plessis
02/09/2015 Duration: 01h25minJacques du Plessis is ’n multi-instrumentalist en een van die twee founding members in Mr. Cat & The Jackal – ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs. Jacques kom polish ’n paar lang blikke Guinness in die garage en vertel vir Willim hoe hy en Gertjie Besselsen Mr. Cat & The Jackal begin het. Hulle gesels oor DIY-ethics, hoe Willim een aand secret recordings van Inge Beckmann by Jacques gesteel het, perlemoen-musiek, hoe om die saag te speel, Kunskafee-dae, die dae toe bands nog posters geplak het en hoe Mr. Cat & The Jackal se eerste album met ’n kak Carol mic gerecord was. Hulle besef ook dat Arcade Fire dalk die idee van hulle stage costumes kon gesteel het en hulle chat ook oor Jacques se connection met Donny Truter se band Taleswapper.
-
Episode 18. - Schalk Bezuidenhout
26/08/2015 Duration: 01h33minSchalk Bezuidenhout is ’n aspirant akteur maar meer as dit is hy ’n standup comedian wat nou baie vinnig begin naam maak het in die land. Sy gesig is op Comedy Central billboards, hy’t onlangs ’n Savana Comics’ Choice Award gewen, hy feature op Aromat adverts, hy doen Youtube skits, hy emcee musical festivals en dan open hy sommer ook vir Trevor Noah op sy nasionale toere voor duisende mense. En hy is nou eers 23 jaar oud. Hy kom plak in die garage laat een aand saam met Willim en ’n bottel goedkoop vonkelwyn en hulle gesels oor comedy vs. acting, kampuslewe op UCT, sy connection met Trevor Noah, Afrikaans vs. Engelse comedy, Gemengde Vrugte, corporate gigs en hecklers. Hulle riff ook oor #RhodesMustFall, Engelse kinders en sy dae op Hoërskool waar alles begin het. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit. Dit is baie maklik –
-
Episode 17. - Henry Jack Cloete
19/08/2015 Duration: 01h37minHenry Jack Cloete is ’n veelsydige joernalis, skrywer, interviewer, sanger en kitaarspeler vir die post-apokaliptiese Afrikaanse Folk-Grunge band Die Skynmaagde. Henry en Willim is in dieselfde jaar gebore en hulle paaie het al ’n hele paar keer gekruis binne die mediakringe en musieklandskap van Suid-Afrika. Hy kom plak in die garage en Willim interrogate hom oor al sy eindelose jobs as ’n joernalis en hulle bespreek die skryfproses van sy se debuut roman - ’n Draalnoot vir ’n Janfiskaal - wat onlangs die lig gesien het. Verder gesels hulle oor Litnet-interviews en Henry se band Die Skynmaagde. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit. Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.zavir meer besonderhede.
-
Episode 16. - Martelize Brink
11/08/2015 Duration: 01h10minMartelize Brink is die mens agter daardie bekende stem wat jy elke weeksoggend tussen 9:00 en 11:30 op RSG saam met Johan Rademan hoor. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van haar skooldae in die Paarl, hoe sy randomly by Maties FM op Stellenbosch haar tande as radio-omroeper begin slyp het en hoe sy op die ou end by RSG begin werk het. Hulle gesels ook oor haar bedrywige buitemuursaktiwiteite, charity en mc-gigs, wat daar by RSG agter die skerms aan gaan en hoe daar niks sexy is omtrent ’n rolstoel nie… miskien die parkering. En nee… hierdie onderhoud het nie gebeur agv Vrouemaand nie, dis net toevallig Augustus toe Martelize kom kuier het. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit. Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug
-
Episode 15. - Louis Nel
05/08/2015 Duration: 01h29minLouis Nel is Taxi Violence se drummer en hy speel een van die twee baskitare in BEAST. Louis kom plak in Willim se garage en hulle travel terug in tyd waar hy as kind elke oggend die TableView/Kaapstad bus gevat het skool toe en hoe sy vriendskap met Rian Zietsman en Loedi van Renen begin het. Daar is kiff stories van sy Hoërskool band 508 se rivalry met George van der Spuy en AJ Graham se band Hoërskool band Drain. Louis vertel ook van al die random jobs wat hy al gehad het en hoe Taxi Violence en BEAST begin het en hoe befok dit was om bands soos AC/DC, Rage Against The Machine, Nirvana en Queens of The Stone Age te discover. Verder: Willim speel hierdie Sondag die 9de Aug. by Bohemia in Stellenbosch. Kom stiek yt. Show begin 20h00.
-
Episode 14. - Hunter Kennedy
29/07/2015 Duration: 01h20minHunter is die towerwoorder en kitaarspeler in Fokofpolisiekar - as ook die baskitaarspeler en tweede towerwoorder in Die Heuwels Fantasies. Hunter en Willim gesels oor die eerste Blood Brothers gig, daai keer toe Fokofpolisiekar by Willim se 21st gespeel het 10 jaar terug, toevallig ook die selfde jaar toe hulle Monoloog In Stereo uitgereik het. Hulle praat oor daai album se recording, oor hoe sommige Fokof lirieke deur die venster van Rian Malan se boek My Traitor’s Heart gesien kan word, die gevoel van veiligheid en die suburbs. Hulle gesels ook oor hoe Die Heuwels Fantasies begin het, behind the scenes stories by Huisgenoot Skouspel en Philip “Geldwolf” Erasmus se elaborate depature uit die band uit.
-
Episode 13. - Riku Lätti
21/07/2015 Duration: 01h47minRiku Lätti kan dalk net die mees veelsydigste liedjieskrywer in Afrikaans wees. Hy kom klim diep binne Willim se garage se hart in met lieflike stories soos die keer toe hy vir Marlene van Niekerk ‘n kabaret geskryf en opgevoer het, hoe Radio Lava se concept album nou nog harte steel, hoe Gert Vlok Nel en Piet Botha deel was van die spark wat Die Wasgoedlyn begin het, en, en, en. Iets oor Steve Hofmeyr en iets oor Laurika Rauch. Hierdie gesprek is uit die boonste rakke. En oja, jy kan 'n Wasgoedlyn album wen. Befok.
-
Episode 12. - AJ Graham
14/07/2015 Duration: 52minAJ Graham speel bass vir Akkedis en The Lyzyrd Kyngs. Willim maak hom sit agter die mic een oggend op Piet Botha se stoep en hy vertel van sy eerste bands op Hoërskool, hoe hulle tot no.1 op Barney Simon se modern rock chart geklim het, funny toerstories saam met Akkedis en hoe ’n day job in ’n cubicle toe nie sy destiny was nie.