Synopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodes
-
Romantiese verhoudings met ongelowiges
21/09/2018 Duration: 15minMarnix, Jan-Louis en Gerhard gesels oor hierdie moeilik onderwerp: is dit goed (is dit reg?) vir 'n gelowige om 'n romantiese verhouding met 'n ongelowige te begin? Hierdie is 'n baie moeilike onderwerp, juis omdat dit so emosioneel is. Daar is ook heelwat probleme hieraan verbonde en ons besef dit wanneer ons hieroor gesels. Hierdie episode vorm net eers 'n basis, 'n Bybelse grondslag vir verdere gesprek rondom romantiese verhoudings tussen gelowiges en ongelowiges.
-
3Minute1Woord | DISSIPEL
10/09/2018 Duration: 04minLuister hierdie 3 minute episode vir 'n verduideliking van die woord "dissipel", hoe dit verskil van "apostel" en wat dissipelskap beteken.
-
"Jy mag nie oordeel nie?!"
07/09/2018 Duration: 28minOns gesels saam oor die misverstand onder baie mense dat niemand hoegenaamd mag oordeel nie. Is dit so? Ons argument is juis dat die Skrif ons opdrag gee om wél te oordeel, maar nie te veroordeel nie. Ons moet juis oordeel, want ons moet onderskei en Christusgesentreerde besluite neem. Ons moet die waarheid bewaar en bevorder, maar die leuen beveg. As ons nie kan oordeel nie, is ons nie meer aanspreeklik vir mekaar nie. So val die hele fondasie vir broederlike liefde en tug ook inmekaar. Ons moet juis weer leer om reg en gelowig te oordeel!
-
3Minute1Woord | ONGEVEINSD
27/08/2018 Duration: 01minANYPOKRITOS| {afr} ongeveinsd/opreg {eng} unfeigned Soos in Romeine 12:9
-
Geestelike Oorlogvoering
24/08/2018 Duration: 33minMarnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak of te min daarvan, of te veel. Die Bybel praat wel van iets soos geestelike oorlogvoering, maar deesdae hoor mens soms dat jy bv. 'n "generasie vloek" moet verbreek. Of, 'n mens dra vloeke en seën deur middel van voorwerpe oor. Luister hoe ons oor hierdie tipe vrae en meer gesels.
-
3Minute1Woord | SKYNHEILIG
13/08/2018 Duration: 03minHYPOKRITES| {afr} skynheilig/geveinsd {eng} hypocrite Soos in Mattheus 23 In kort, dui hypokrites vir ons op 'n persoon wat: agter 'n masker lewe dubbel-standaarde handhaaf en liefdeloos en onvolwasse in die geloof is
-
Moet ons vas?
10/08/2018 Duration: 21minJan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn gesels saam oor wat die Bybel sê oor vas. Moet ons dit vandag nog doen? Is daar 'n plek en 'n tyd vir gelowiges om steeds vandag te vas?
-
3Minute1Woord | HEERLIKHEID VAN GOD
31/07/2018 Duration: 03minKABHOD| {afr} heerlikheid {eng} glory Soos in o.a. Psalm 104
-
Luisteraarsvrae: rekenskap? letterlik of figuurlik? JHWH en Jehova?
27/07/2018 Duration: 25minDie vrae wat ons op hierdie episode antwoord gaan oor rekenskap en vergifnis, letterlike en figuurlike verklarings & die naam JHWH en Jehova. Stuur gerus jou vrae via ons webblad. Skryf asb. ook 'n resensie en evalueer die podsending op iTunes!
-
Demonologie (met prof. Flip Buys)
13/07/2018 Duration: 22minIn hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere: Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer? Kan ‘n gelowige deur ‘n demoon “in besit geneem word”? Hoe hanteer 'n mens gelowig-Bybels 'n manifestasie? Moet ons demone bind en uitdryf? Kan die duiwel ons gedagtes lees?
-
3Minute1Woord | DAG VAN DIE HERE
02/07/2018 Duration: 03minDie sogenaamde "Dag van die Here" is 'n konsep wat ons in die Ou-Testamentiese profete vind (o.a. Mal. 4:5, Am. 5:18,20, Sef. 1-3). Ons lees ook daarvan in die Nuwe-Testament (o.a. 1 Kor. 5:5, 1 Thess. 5:2, Hand. 2:20). Kom ons kyk kortliks na die volgende asptekte van hierdie Dag: wat is die dag van die Here? wanneer is die dag van die Here?
-
Mense "rasse"
29/06/2018 Duration: 38minHoeveel mens-rasse is daar? Tien...honderd...duisende? Of is ons almal een ras? Pieter le Roux van CMI (www.creation.com) verduidelik waar kom al die mense rasse vandaan en hoekom die Here Eva uit Adam se ribbebeen gemaak het.
-
3Minute1Woord | DIE OORBLYFSEL
18/06/2018 Duration: 03minSHA'AR| {afr} oorblyfsel {eng} remnant Soos in Sefanja 2 iTunes TuneIn Stitcher
-
Genesis: Grondslag van die Evangelie
15/06/2018 Duration: 53minIs die vrae rondom die skepping belangrik? Moet ons nie net "fokus op Jesus" nie? Hierdie episode wys hoe dit noodsaaklik is om Genesis as waar te aanvaar. Die hele Evangelie verkrummel, as ons nie Genesis glo nie! KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher
-
3Minute1Woord | WANDEL DEUR DIE GEES
04/06/2018 Duration: 03minSTOICHEO| {afr} in pas bly {eng} keep in step Soos in Galasiërs 5:25 WAT IS DIE WOORD, KONSEP OF VERS WAAROOR JY WONDER? Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher
-
Bybelse Bekering
01/06/2018 Duration: 19minBybelse Bekering: Wat is dit, hoekom is dit nodig en hoe doen ek dit? KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher
-
3Minute1Woord | BEKERING
21/05/2018 Duration: 03minNAHAM / SHUB / METANOIA | {afr} bekering {eng} repentance Soos in o.a. 2 Korintiërs 7:10 OR WATER WOORD, KONSEP OF VERS WONDER JY?: Webblad:scriptura.co.za E-pos:info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook:@scripturaweb Twitter:@scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher
-
3Minute1Woord | BEELD VAN GOD
18/05/2018 Duration: 04minTSELEM | {afr} beeld {eng} image Soos in: Genesis 1:27 WAT IS DIE WOORD/KONSEP/VERS WAAROOR JY WONDER?: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher
-
Deel van die plaaslike kerk (deel 2)
18/05/2018 Duration: 34minHierdie is die tweede deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die meer praktiese aspekte van die plaaslike kerk, soos: by watter kerk moet ek my aansluit? En as ek dan aangesluit het, wat moet ek daar gaan doen? KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Slack: scripturaforum.slack.com Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher
-
Deel van die plaaslike kerk
04/05/2018 Duration: 30minHierdie is die eerste deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die grondliggende Skrifgegewens oor wat die Kerk is en wat God oor die Kerk openbaar. KONTAK: Webblad: scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Vir 'n forum en bonusmateriaal, sluit aan by die Slack-gemeenskap: https://goo.gl/8xjFpn LUISTER HIER: iTunes TuneIn Stitcher