Synopsis
Suid-Afrika se heel eerste suiwer Afrikaanse potgooi (bo en behalwe al die ander wat reeds bestaan).Het jy al ooit pseudo-filosofies gereis van 'n gegronde feit oor die wêreld tot in die stratosfeer van jou verbeelding?Hierdie potgooi gaan jou toelaat om presies dit te ervaar met lekker geselskap en 'n ligte atmosfeer. Of nie.Dalk geniet jy dit net.
Episodes
-
Episode 20 : So Loop Hy Maar - Film en Televisie en So (Deel 2)
14/05/2019 Duration: 51minNiel Nogsteeds, Pietie Beyers en Beer Adriaanse se gesprek oor film en televisie duur voort. Beer Adriaanse breek loshande die rekord met die mees interessante feit van die potgooi tot op hede. Geniet dit!
-
Episode 19 : So Loop Hy Maar - Film en Televisie en So (Deel 1)
02/05/2019 Duration: 01h05minNiel Nogsteeds, Pietie Beyers en Beer Adriaanse spreek vir die eerste keer 'n spesieke tema aan, naamlik film en televisie. Ons praat dus in hierdie episode oor presies dit. Film en televisie. Dis nogals donners lekker.
-
Episode 18 : So Loop Hy Maar - Muskiete en Skrillex en So
22/04/2019 Duration: 01h08minNiel Benjamin, Jaco Nothnagel en nuwe gas, akteur Carel Nel bespiegel oor wonderlike wette, Neil Armstrong, hoe baie muskiete van Skrillex hou en allerande ander interessanthede. Geniet dit!
-
Episode 17 : So Loop Hy Maar - Woke Mense en So
10/04/2019 Duration: 01h48minNiel Benjamin Kidd, Nini Conradie en Armand Aucamp gesels oor visuele kuns, seesterre, Iran, mense wat Woke is, onder baie andere. Geniet dit!
-
Episode 16 : So Loop Hy Maar- Die Lewe van 'n Heuningby en So
24/03/2019 Duration: 50minNiel Benjamin, Jacques de Villiers en Tonie du Toit bespreek die lewe van heuningbye, Courtney Love, lykshuise, Finland, jou sintuie en allerande ander semi-interessante onderwerpe wat ons interessant laat klink! Geniet dit!
-
Episode 15 : So Loop Hy Maar - Die Koningin van Engeland se Troon en So
06/03/2019 Duration: 57minOns verwelkom vir twee nuwe gaste, komediant en aktrise Anne Hirsh, asook Jaco Nothnagel, bemarker en vervaardiger van Marche Media. Ons praat oor die vermaaklikheidsbedryf oor die algemeen, agente, die Koninkryk van Engeland en hulle "Game of Thrones" gewoontes, gades wat rondsweef in die huis en alles wat min of meer daarmee te doen het. Geniet dit!
-
Episode 14 : So Loop Hy Maar - Nydigheid oor die Maan en So
24/02/2019 Duration: 01h15sNiel Benjamin Kidd en Pietie Beyers kuier weer saammet Bibi Slippers in hierdie episode. Ons praat oor apies se speelgoed, die toekoms, die koue oorlog en die resies na die maan, en allerande ander meer (en minder) relevante dinge van die lewe. So loop hy.
-
Episode 13 : So Loop Hy Maar - Lewe Soos 'n Bergbok en So
12/02/2019 Duration: 56minDie coolste ou op Stellenbosch, Beer Adriaanse, is terug vir rondte twee. Ons praat oor genetiese manipulasie, bruinbere en wetenskaplikes wat soos diere lewe. #soloophymaar
-
Episode 12 : So Loop Hy Maar, die Alfabet se Volgorde en So
28/01/2019 Duration: 01h10minNiel Benjamin Kidd, Pietie Beyers en Mercy Kannemeyer gesels oor, onder andere, seerowers se musieksmaak, die volgorde van die alfabet en die Myers Briggs toets. Geniet dit!
-
Episode 11 : So Loop Hy Maar - Miskruiernavigasie en So
18/01/2019 Duration: 54minNiel Benjamin Kidd, Jacques de Villiers en 'n nuwe gas, Mia Spies, gesels oor hoe miskruiers hulle pad vind, hoekom ons almal teveel vir koffie betaal en die Maleisiese regering se sensorgewoontes.
-
Episode 10 : So Loop Hy Maar - Regters met Sweisbrille en So
02/01/2019 Duration: 53minNiel Benjamin Kidd en Pietie Beyers kuier saam met Bouwer Bosch in 'n splinternuwe episode wat lewensverreikend is! Geniet dit!
-
Episode 9 : So Loop Hy Maar - Kersfees en So
18/12/2018 Duration: 01h44minNiel Benjamin Kidd en Pietie Beyers stel voor twee splinternuwe gaste, Cintaine Schutte en Bernadette De La Guerre, in 'n splinternuwe CHRISTMAS SPECIAL episode! Stay oop-kous.
-
Episode 8 : So Loop Hy Maar - Vegan Lemon Meringues en So
28/11/2018 Duration: 58minOns verwelkom vir Bibi Slippers in nog 'n asemrowende episode wat handel oor nuwe woorde, vegan resepte, Banksy se streke, nuwe kleure en alles wat daarmee gepaard gaan, maar ook nie...
-
Episode 7 : So Loop Hy Maar - Sjinese Sosiale Algoritmes en So
13/11/2018 Duration: 52minHoeveel sosiale punte verdien jy as 'n sigaretstompie optel en in die drom gooi? Hoekom ruik ander mense se asems vir jou so sleg? Hoekom seksualiseer die mensdom borste? Niel Benjamin Kidd, Pietie Beyers en 'n nuwe gas, Beer Adriaanse, spekuleer oor hierdie unieke onderwerpe, vir jou genot.
-
Episode 6 : So Loop Hy Maar - Pluimvee-Sangomas en So
04/11/2018 Duration: 55minOns skop af met Hugh Bladen komplimente en beweeg aan na papegaai wysheid, die "magic" van groepondersteuning en pluimvee sangomas. Nou maar toe.
-
Episode 5 : So Loop Hy Maar, Vlieënde Katte en So
23/10/2018 Duration: 59minNiel Benjamin Kidd en Pietie Beyers verwelkom 'n nuwe gas, Wilhelm van der Walt, in 'n gesprek oor keiserbabas, vlieënde katte en ander abnormaliteite wat jou gedagtes sal prikkel.
-
Episode 4 : So Loop Hy Maar, Kakkerlak-melk en So
13/10/2018 Duration: 54minEpisode 4...is hier! Die span van Niel Benjamin Kidd, Pietie Beyers en Jacques de Viljee vergader rondom 'n groot wit mikrofoon en praat oor die dinge wat saak maak asook die dinge wat minder saak. En oor skaaphonde. En oor kakkerlakke. Gooi vir jou 'n glas rooiwyn en praat 'n bietjie saam.
-
Episode 3 : So Loop Hy Maar, Brulpadda Trance Parties en So
01/10/2018 Duration: 51minNiel Benjamin Kidd en Pietie Beyers word bederf met die teenwoordigheid van Jacques De Villiers in 'n merkwaardige nuwe episode wat eintlik maar net beskryf kan word as baanbrekerswerk. Van onverwagte kannibalisme tot wit en swart drome, sit jou veiligheidsgordels op jou ore, en geniet die toer.
-
Episode 2 : So Loop Hy Maar, Dance Mania en So
20/09/2018 Duration: 52minOns gesels oor nog 'n paar belaglike feite, en dan gesels ons oor ander dinge van die lewe wat daarmee te doen het. En dan gesels ons ook oor dinge van die lewe wat niks met enigiets te doen het nie.
-
Episode 1 : So Loop Hy Maar, Drops of Jupiter en So
02/09/2018 Duration: 50minAlles wat jou gunsteling potgooi nie is nie, en nog minder.