Synopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodes
-
Ronell Erasmus: ‘My tyd wat ek met Here praat’
11/11/2026 Duration: 12minDie gewilde geestelike sangeres se volledige musiekkatalogus is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Maroela Media
-
SkoolSlim | Wat lê werklik agter ’n kind se gedrag?
09/11/2026 Duration: 26min’n Moeilike kind probeer soms iets sê wat hy of sy nie in woorde kan uitdruk nie. In die jongste episode van “SkoolSlim” kyk Lourindi Nel na trauma, gedrag en waarom veiligheid die grondslag vir leer vorm. Maroela Media
-
Cordelia wys hart vir country met nuwe album
03/11/2026 Duration: 07minSy het ’n verskeidenheid genres in gedagte gehad terwyl sy geskryf het, en daar is ’n hele paar ballades en lekker “boot scoop”-countryliedjies waarop ’n mens kan dans. Maroela Media
-
‘Verlore seun’ Rudi Claase vind weer sy stem
02/11/2026 Duration: 08minDie afgelope vier jaar was die bekroonde liedjieskrywer en sanger Rudi Claase meer in die hospitaal as wat hy in die ateljee was, maar hy het onlangs teruggekeer na wat hy sy “hartsplek” noem. Maroela Media
-
Unieke liefde tussen seun, hond in boek oor disleksie
02/11/2026 Duration: 10minVir Elana Barker, skrywer van 'Die miere maak amok', was dit ’n manier om haar seun Jan se diagnose met disleksie te verwerk en verstaan. Maroela Media
-
Dissipelskap leefwyse, roeping vir alle Christene
30/10/2026 Duration: 21min“Tye het verander, maar die mens se aard het nie, dus is die Bybel steeds van toepassing,” sê Ewan Oberholzer oor die besluit om Jesus te volg. Maroela Media
-
Van Brakanjan tot Wrakinjan
30/10/2026 Duration: 09min’n Goedkoop kitaar, ’n Green Day-konsert en ’n naam wat deur “Brakanjan” geïnspireer is. Só het die alternatiewe Afrikaanse musiekgroep Wrakinjan ontstaan. Maroela Media
-
‘Verlammende vrees’: ‘7de Laan’-aktrise maak hart oop oor borskanker
30/10/2026 Duration: 34minOp 16 April vanjaar het Carina Nel se lewe in ’n ommesientjie verander, toe ’n roetineborsondersoek skielik ’n verbete stryd teen borskanker geword het. Maroela Media
-
SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang?
26/10/2026 Duration: 13minKan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word. Maroela Media
-
SkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1?
26/10/2026 Duration: 21minSkoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word, sonder duur programme of ingewikkelde oefeninge. Maroela Media
-
Deur koeëls en myntonnels op zama-zamas se spoor
23/10/2026 Duration: 26minNá meer as ’n dekade se ondersoekwerk vertel joernalis Graham Coetzer in sy nuwe boek van die georganiseerde misdaad, uitbuiting en groot geld agter Suid-Afrika se onwettige mynbedryf. Maroela Media
-
‘Pleegsorg is my roeping,’ vertel Bianca (24)
23/10/2026 Duration: 21min“Ons glo dat elke kind die geleentheid moet hê om in ’n liefdevolle gesin groot te word.” Maroela Media
-
Borskankerdiagnose: ‘Dan gaan jy op jou knieë’
23/10/2026 Duration: 20minToe fase-3 borskanker in 2022 by die 33-jarige Edith du Toit van Lichtenburg in Noordwes gediagnoseer is, was haar eerste gedagte: “Wat van my kinders?” Maroela Media
-
Ruhan gee stem aan verlies, verlange
23/10/2026 Duration: 23min“Met ‘Pa vir Kersfees’ bring Ruhan ’n bekende heldeverhaal opnuut na vore en gee hy woorde aan die verlange om iemand nog net een keer te sien, te hoor of vas te hou.” Maroela Media
-
Ollyvans skink dubbel met solo-debuut
21/10/2026 Duration: 08minOllyvans vervaardig al jare lank agter die skerms musiek vir kunstenaars soos Juan Boucher, Tasché en Refentse en het ook die groep Red Sheep se treffersnit “Suiderkruis” vervaardig. Sy debuutsnit, “Op ys”, het onlangs die lig gesien. Maroela Media
-
Tim Theron aksieman in nuwe Deon Meyer-reeks
14/10/2026 Duration: 20min“Die ambisie was van die begin af om iets groots te doen. Suid-Afrikaans, maar op ’n internasionale skaal.” Maroela Media
-
Student vat verkope van handboeke, skep wen-sakeplan
12/10/2026 Duration: 08minDie 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van sy onderneming, die lesse agter die syfers en waarom ’n goeie sake-idee soms eers behoorlik uitmekaargehaal moet word voordat dit kan groei. Maroela Media
-
Zaan, Kurt draai saam op dansvloer
02/10/2026 Duration: 18minKurt en Zaan, wat ’n hegte band gevorm het tydens die vervaardigingsproses van “Meisie meisie”, vertel die verfilming van die musiekvideo was groot pret. Maroela Media
-
Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede
25/09/2026 Duration: 13minDie “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee. Maroela Media
-
‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos
21/09/2026 Duration: 09minVir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het wat alles in ʼn klaskamer moontlik is. Louw is onlangs aangestel as hoof van Hartland Akademie, wat in Januarie 2027 op die Hartland-landgoed in Hartenbos open. Die nuwe Afrikaanse skool is ʼn vennootskap tussen Die MOS Inisiatief, die Doxa Deo Education Trust en Hartland Lifestyle-ontwikkelaars. Maroela Media