Maroela-onderhoude

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 35:07:52
  • More information

Informações:

Synopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodes

  • JD Mars herontdek liefde vir musiek

    20/05/2024 Duration: 15min

    “Ek sê altyd vir haar dat sy my muse was. Deur haar het ek weer ʼn liefde vir musiek begin kweek.” Maroela Media

  • Wat is Pinkster?

    19/05/2024 Duration: 11min

    “Dit is nie ʼn dag wat ons ligtelik opneem nie. Vandag vier ons die uitstorting van die Heilige Gees.” Maroela Media

  • Word deel van gebedsaksie vir Indië

    17/05/2024 Duration: 17min

    Baie Suid-Afrikaners besef nie watter enorme voorreg dit is om in ʼn demokratiese land met geloofsvryheid te woon nie. Maroela Media

  • Vyf minute finansies: Kweek gesonde spaargewoontes

    17/05/2024 Duration: 05min

    Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die jongste episode deel Paul praktiese, uitvoerbare maniere om geld vir jouself en jou gesin te spaar. Maroela Media

  • Danny Smoke oor ‘beste jaar van my lewe’

    16/05/2024 Duration: 15min

    “Ek is super trots op die liedjie. Dit is tien teen een die egste wat my musiek al was.” Maroela Media

  • Diaan Daniels se wenke vir deftige mansdrag

    15/05/2024 Duration: 07min

    Die modeontwerper en televisiepersoonlikheid Diaan Daniels deel in dié podsendingsreeks met Maroela Media die wenke en kennis wat hy in sy 25 jaar in die modebedryf opgebou het. In episode twee val die kollig op deftige mansdrag en enige man, ongeag sy ouderdom, grootte of stylvoorkeur, sal by dié advies kan baat. Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Goeie ouers loop voor

    12/05/2024 Duration: 10min

    ʼn Ouer wat lei het ʼn selfversekerde kind. Dit is hoekom Lourindi glo ʼn ouer moet hulle leierskapsrol in die gesin opneem. Maroela Media

  • Wilma sing oor rolprentromanse in ‘Koebaai aan my hart’

    10/05/2024 Duration: 07min

    Haar debuutenkelsnit, “SySoen”, het ʼn jaar terug sy buiging op die Maroela Media Top-20-trefferparade in die no. 1-posisie gemaak en het sedertdien goue status bereik. Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Verstaan jy jou kind se taal?

    09/05/2024 Duration: 10min

    Jy as ouer wil nie die heeltyd net reaktief en impulsief teenoor jou kind se gedrag optree nie. Dit is juis waarom dit so belangrik is om jou kind se gedrag te verstaan. Maroela Media

  • Vyf minute finansies: Die skuldstrik

    09/05/2024 Duration: 09min

    Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die jongste episode verduidelik hy die verskil tussen “goeie” en “slegte” skuld en deel praktiese wenke om jou skuld stuk vir stuk te takel. Maroela Media

  • Diaan Daniels gee wenke vir deftige drag

    08/05/2024 Duration: 06min

    In dié nuwe podsendingreeks deel Diaan Daniels unieke en praktiese wenke wat enigiemand, van matriekleerders, tot ma’s van bruide, sal help om die perfekte uitrusting vir die volgende spoggeleentheid te kies. Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Hoe lyk ’n verhoudingsgedrewe gesin?

    03/05/2024 Duration: 11min

    Lourindi Nel verduidelik hoe noodsaaklik dit is om altyd in jou kind se span te wees. Maroela Media

  • Vyf minute finansies: Almal baat by beplanning

    03/05/2024 Duration: 06min

    Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die eerste aflewering vertel Paul meer oor sy liefde vir finansies en sy loopbaanreis na FinMeUp. Hy verduidelik ook waarom enigiemand, ongeag hul finansiële profiele, by beplanning sal baat. Maroela Media

  • Gehalteleierskap kan verpleging na ’n volgende vlak neem

    29/04/2024 Duration: 15min

    Maroela Media het met prof. Siedine Coetzee van die NWU gesels oor die werk wat haar navorsingsleerstoel doen om verpleegpersoneel te bemagtig. Coetzee het reeds talle artikels in die veld van verpleegkunde op nasionale en internasionale vlak gepubliseer en is nou besig om ʼn leierskapsinstituut vir verpleegkundiges te vestig. Maroela Media

  • Nuwe wind waai vir Sonja se ‘Harlekyn’

    28/04/2024 Duration: 19min

    “Dit maak my vreeslik opgewonde, en ek beskou dit as ʼn voorreg dat verskeie generasies nou my musiek kan ontdek óf herleef.” Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Hoe lyk ’n gesin wat vreesgedrewe is?

    25/04/2024 Duration: 08min

    Lourindi Nel verduidelik wat gebeur in ʼn kind se gedagtes wanneer ons herhaaldelik ons ouerlike magsposisie gebruik om dissiplinêre doelwitte te behaal. Maroela Media

  • Posduif se jongste uitreiking ʼn ‘veelsydige, musikale reis’

    22/04/2024 Duration: 13min

    “ʼn Album is ʼn storie, en hierdie is nege hoofstukke wat jou op ʼn toer deur stukkies van ons lewe vat.” Maroela Media

  • Luister hier hoe Chelize Henry in haar eie woorde van haar liefde vir sport praat

    19/04/2024 Duration: 59s

    Chelize Henry is n 18-jarige sportster van Pretoria wat omtrent die medaljes by die Wêreldspele in Turkye ingeryg het. Hier vertel sy in haar eie woorde oor haar liefde vir sport. Maroela Media

  • Nadia oor ‘verkleurmannetjie-karakter’, liefde vir teater en Kaap

    18/04/2024 Duration: 20min

    “Ek het met die tyd geleer om vir Sanet te verstaan. Ek sê altyd ʼn mens moet ʼn plek kry waar jy empatie het vir die karakter, en dit is wat ek nou in haar gevind het." Maroela Media

  • ‘Musiek is taal van my hart,’ sê Retief Burger

    17/04/2024 Duration: 16min

    “Ons is gemaak om te aanbid en terug te gee wat ons ontvang het. Solank Hy die middelpunt is en eer daarvoor kry.” Maroela Media

page 7 from 8